Monique
Sue and Monique 1999

Young World Site map
 


PROSTITUSIE EN JY, MY LIEWE KIND

 

1/4/2002

Die wereld is vol engele met engele emosie: Liefde, Empatie, Simpatie, Goed, Sag, Mooi, Sparankel, Lig, ens.  Die duiwel het sy demone.  Elkeen het ook ‘n naam: Haat, Kwaad, Sleg, Depressie, Donker, Dwelms, Prostitusie, moord, ledigheid, lieg, steel, vloek, ens.  Demone smaak sleg en hulle ruik sleg, maar hulle het voordele.  Jy geniet elkeen van daardie voordele op hierdie oomblik.  Elke keer wanneer ons ‘n demoon in ons lewens toelaat, maak ons ‘n deur oop en gee ons die duiwel ‘n houvas op ons hart en siel.  Die Here kan ons nie engele emosie gee as ons Hom nie toelaat nie, hy vra jou toestemming.  Miskien mag jy nie reg wees om alles wat nou vir jou lekker is optegee nie, maar is dit regtig lekker? 

Daar is ‘n faktor waaraan jy moet dink.  Jou kind.  Sonder dat jy weet, omdat sy onskuldig is, laat jy die demone in haar lewe toe, en gee die duiwel vol reg tot haar.  Sy sal dalk ook nooit die voorreg he om ‘n keuse te maak nie. Dink aan wat jy vir haar wil he.  Dink aan waarheen sy noodwendig oppad is, dink aan waarheen hierdie pad wat jy nou loop besig is om jou te lei.
Sal jy haar werklik in jou spore wou laat volg?

Daar is ‘n hel! – daar kan jy nie “geld maak” om jou vryheid te koop nie en het jy nie dwelms om jou pyn te verlig nie.  Ek sal nie daar wees om jou te help nie.  Jy gaan alleen betaal vir die sondes wat jy vrywilliglik gekies het, en jou dogtertjie vir joune, soos wat jy nou betaal vir jou ouers sin, want ook hulle het deure oop gelos vir demone en jy is die duiwel se triomf. 

Elkeen van ons het op hierdie aarde ‘n taak.  Jou taak is ‘n baie belangrike een.  Jy was veronderstel om die wereld te wys dat daar wel tieners in hierdie wereld is wat iewers kom sonder ouer ondersteuning, dat hulle nie almal groot word om niks werd vir die sameleweing te word nie.  Jy was veronderstel om die tieners te wees wat kan vir haar kind sorg op die regte manier.  Dat alhoewel jy haar gehad het om ‘n leemte te vul, iets te he wat aan jou behoort, jy ook weet dat sy behoeftes van haar eie het.  Een van hulle is ‘n Ma wat vir haar self omgee net soveel as wat sy vir haar baba omgee.  Jy kan nie na ‘n kind omsien as jy nie eers na jou self kan kyk nie. 

Hierdie is nie ‘n fase nie Monique.  Dit gaan nie sommer net oorwaai nie.  Daar is demone met ‘n greep op jou wat nie maklik gaan laat los nie, jy is te kosbaar.  Ek weet jy dink my varkies is nie almal op hok nie, dit is goed so, ek gaan verduidelik.  Voorheen het ek jou gelos en net soos jy gedink, dit is 'n tiener fase, dit sal oorgaan, maar ek het iets geleer op Goeie Vrydag:  Daar is mense wat in die vlees wandel – ek en jy – en ander mense wat net soos ek en jy lyk maar wat anders dink en doen. Hulle wandel in die gees.  Hulle kan goed of sleg wees ek veronderstel. 

Hierdie was jou lewens taak. Jy moet die lewende bewys wees dat jy bo uitgekom het met die genade van die Here en nie die hulp van duiwels midele nie. Jy was bestem om by my uittekom, ek was bestem om jou en hierdie ander kinders te help – maar jy was my toets. Jy kan my laat wen of faal, Die Here se wil laat seevier of die duiwel laat oorwin.   Ek was gekies om weeskinders te help, ek word beproef deur alles wat met my gebeur het die afgelope jaar met die polisie en media en welsyn.  Maar jy sien, die kinders kan nie van my af weggevat word nie, want dit is nie die Here se wil nie, om daardie rede het dit elke keer gefaal wanneer daar probeer word. 

Ek het ongelukkig ook dinge in my eie lewe wat ek sal moet afstaan, voordat ek tenvolle suksesvol gaan wees met hierdie projek.  My lewe sou geen doel gehad het sonder dat ek jou ontmoet het nie,ons sou bestaan het sonder om die spesifieke rede te verstaan vir ons bestaan.  Jy kry nou daardie geleentheid om ‘n keuse te maak oor hoe jou lewe voorentoe gaan wees.  Daar is nie nog net een laaste keer oor nie, ek kan net bid dat jy die nadele in daardie lewe kan sien.

Ek self moes voor keuses te staan kom, jy sien ek laat deure oop vir die demone om my eie kinders aanteval.  Hoe kan ons ons kinders blameer vir die verkeerde dinge wanneer ons self daardie vloek oor hulle uitgespreek het deur die verkeerde besluite te neem.   Ek blameer jou nie, veroordeel jou nie, wil jou net sien glimlag omdat jy verlig is en nie hoog nie, wil jou sien dans van pure geluk en nie op E’s nie, wil jou sien werk omdat dit ‘n voorreg is en nie net vir geld nie.  Ek gaan bid dat die vuur kolletjie in jou hart jou gewete sal skroei en jou tot inkeer sal bring, want jy is belangrik en het ‘n baie belangrike doel op hierdie aarde. 

Niks gebeur toevallig nie, God het dit so beskik, ons kan ‘sidestep’ en weier om verantwoordelikheid te vat, maar elke besluit het ‘n prys.   Vir jou dogter en jou eie onhalwe maak die regte besluit, nie later, more, na die week of naweek nie, so gou as moontlik!

Ek wens ek kan jou vertel sodat jy kan verstaan, ek gee om vir jou, is lief vir jou soos vir my eie dogter. Ek wil net die beste vir jou en jou pragtige dogtertjie he, maar daar is net een weg om te volg om die beste te kry, en dit is God se weg. Ek bid jy vind daardie pad.

Hierdie is ‘n gediggie wat Mario geskryf het:

Softly in the morning breeze whisper the wind
The names of all that is right and wrong
Mentioning our names so strong
The weather sings along this happy and sad song
of those forgotten and those to come
those who made a difference and those who were wrong.

The heaven’s full of gold, pure gold
Of those who loved and behold
And did what they were told
Sweet taste the smile of God
When something pleases Him
…..something you did,
no treasure in the world carries that value

Where darkness is an unknown name
Where evil is an unknown game
Where everyone loves the same
Where the lion is tame
Spirit flowing across the water
Pleased from all joy
Pleased for all the believers
Pleased in Himself.